Dis partykeer nogal moeilik om met kinders tussen 6 en 9 jaar te werk. Veral as daar omtrent 60 van hulle is!

Ek het een dag die afrigter van die Juniorkoor bygestaan in ‘n oefening. Die onderwyser het vreeslik baie gesukkel om die kinders in toom te hou. Sy besluit toe om vir hulle ‘n baie lang speech te gee oor dissipline. Na sy al haar energie opgebruik het om vir hulle te verduidelik hoe belangrik selfdissipline is en watter gedrag sy van hulle verwag, vra een van die 6-jariges:

“Juffrou, wat is dissipline?”

Advertisements