Ek is vreeslik bewus van die voorkoms en netheid van die kinders, veral die seuns. Gereeld moet ek hulle herinner: “trek jou sokkies op” of “maak gou jou veters vas.”

Een dag kom Drikus na my toe vir ‘n ekstra Wiskundeles. Hy is maar lekker loskop en vergeet gereeld sy boeke by die huis en natuurlik ook om huiswerk te doen. Na dit al die hoeveelste keer gebeur dat hy geen idee het wat hy moes doen vir huiswerk nie, is ek bietjie keelvol. Na ‘n lang gesprek sê ek vir hom: “Drikus, jy sal regtig jou sokkies moet optrek.” Wat doen hy toe? Hy trek sy sokkies op…

Advertisements