Ons skool het ‘n goeie vriendskap begin opbou met ‘n ander skool. Een keer ‘n jaar kuier die 2 skole bymekaar en dan het ons ‘n paar sportdae. Verlede jaar het hulle by ons kom kuier en hierdie jaar is dit ons beurt om by hulle te kuier.

Die skoolhoof het een dag besluit om tydens die saalbyeenkoms met die leerders oor die trippie te gesels – sommer om hulle opgewonde daaroor te maak. Hy vertel toe van die lang busrit wat ons gaan moet vat om daar uit te kom. Uit die bloute uit steek ‘n seun sy hand op en sê voor die hele skool vir die skoolhoof: “Meneer, ék gaan nie met die bus ry nie. Mý pa het ‘n vliegtuig, so ons sal sommer vlieg!”

Advertisements