Ek het onlangs getrou. Met die opbou na die troue, vra ek eendag vir ‘n paar kinders wat hulle die vakansie gaan doen. Van hulle gaan kamp, ander bly tuis by die huis en een gaan oorsee.

“En wat gaan juffrou doen?” vra hulle. 

“Ek gaan trou!”

Wessel begin kriewel van opgewondenheid en sê: “Oeeeee Juffrou! Dís nou ‘n goeie idee!!!”

Advertisements