Een dag in die Kuns en Kultuur-klas gee ek vir die kinders ‘n aktiwiteit om te doen. In plaas daarvan dat daar net aan die bokant van die aktiwiteit staan dat leerders op hul eie moet werk, staan daar: “1. Werk op jou eie.” So, dit lyk asof dit een van die vrae is. Ek verduidelik toe mooi vir die kinders dat hulle net moet begin by nommer 2.

Eerlike Ernst het nie geluister nie en skryf toe in sy werkboek:

“1. Ek sal op my eie werk.”

Advertisements