Met Graad 1’s moet mens maar oor en oor en oor alles herhaal wat jy sê en dan hoop jy na die derde keer dat hulle gehoor en geLUISTER het…

Eendag is die Engelse Thom, Andrew en Brent by my. Andrew se veters is los en ek vra hom om dit vas te maak. Hy sê ja, dis reg, hy sal. So 2 minute later sien ek sy veters is nog steeds nie vas nie en ek vra hom weer om dit vas te maak. Hierdie keer hoor Brent en Thom my ook. Hulle weet natuurlik vreeslik baie van veters vasmaak. Thom se ma is vreeslik slim: “My mom always ties a double knot. You should tell your mom to tie a double knot too.” Brent val in: “A tight one!” Maar Andrew sê sy ma weet nie hoe om dit te doen nie. Hý weet egter… so Thom sê toe Andrew moet dan maar vir sy ma leer hoe!

Na ‘n rukkie herinner Thom weer vir Andrew: “You have to tie a double knot!” En Brent voeg by: “A tight one!”

Ek hoop Andrew het nou al daarby uitgekom om vir sy ma te leer hoe om veters te knoop…

Advertisements